Centre for Justice and Crime Prevention (
  • Home
    • Background
    • Staff
    • About CJCP [Afrikaans]
    • About CJCP [Xhosa]
    • Child Protection
    • Board Members
  • Contact
  • Sponsors & Partnerships
  • Publications
  • Youth Violence & Resilience
  • School Violence in South Africa
  • Online Child Safeguarding
  • kNOw Violence in Childhood
  • Early Violence Prevention Project
  • National School Safety Framework
  • Training
  • Resources
    • Guides & Manuals
    • Child Protection Resources >
      • Child Protection Comic Book
      • Uphephe
      • Register as a service provider on Uphephe
      • Child Protection Downloads
    • National School Safety Framework Resources
    • Child Online Protection, Social Media, Online Risks and Opportunities
    • Learner and out of school youth resources
  • Gallery

Welkom

Die CJCP is uniek binne Suid-Afrika in sy vermoë om deurtastende navorsing en teorie met die opstel, implementering en bestuur van maatskaplike misdaadvoorkomingspraktyk te integreer, asook om opleiding aan hoëvlak- publieke amptenare te verskaf. Die CJCP is ‘n Afdeling 21 Maatskappy wat werk daaraan om bewysgebaseerde misdaadvoorkomingspraktyk te ontwikkel,  vorm en bevorder, met spesiale fokus op kinders en die jeug. Die organisasie het drie primêre programmatiese areas: navorsing, opleiding en projekte. Elke area funksioneer as ‘n afsonderlike program, hoewel die uitkomste van elk die aktiwiteite van die ander vorm en beïnvloed.

Agtergrond

Suid-Afrika het van die mees progressiewe misdaadvoorkomingsbeleide, maar het egter nie daarin geslaag om die uitkomste wat hierdie beleide voorsien het, te lewer nie. Die raamwerk vir die maatskaplike misdaadvoorkomingsagenda is in die Nasionale Misdaadvoorkomingstrategie (1966) en die Witskrif oor Veiligheid en Sekuriteit (1998) vasgelê. Sedert die formulering van die beleid was daar ‘n breë skeiding tussen die beleid en sy implementering. Die voorkoming van misdaad verskyn (indien wel) inderdaad meestal as ‘n “byvoegsel” tot die implementering van ontwikkelingsbeleid. Oor die afgelope paar jaar het die aktiwiteite van ‘n klein groepie Nieregeringsorganisasies (NRO’s) wat werk aan ‘n verskeidenheid taamlik kleinskaalse projekte gelei tot ‘n ontwikkelende kennisbasis van goeie praktyk  vir misdaadvoorkoming in Suid-Afrika. Hoewel steeds beperk, is daar nou gepubliseerde bronne met betrekking tot die lesse geleer uit die aktiwiteite van hierdie NRO’s. 

CJCP is in 2005 gestig deur die OSF-SA met die doel om misdaadvoorkomingspraktyk in Suid-Afrika te bevorder en versterk. Die CJCP beywer hom om bewysgebaseerde misdaadvoorkomingspraktyk te ontwikkel,  vorm en bevorder en, waar dit tot hulle voordeel strek, ook in ander ontwikkelende lande. Die CJCP is dus gestig as ‘n bedryfsagentskap, m.a.w., die CJCP verskaf nie toelaes aan ander organisasies nie. Die CJCP se doel is eerder om vennootskappe te vestig met regerings- en ander organisasies wat benodig word vir die suksesvolle implementering van misdaadvoorkomingsprojekte.  Kortom, die CJCP is gestig as ‘n bedryfshulpbron, in staat om kapasiteit te verleen om die vertroue waarin beleidmakers, staatsamptenare en -praktisyns misdaadvoorkoming in Suid-Afrika benader en implementeer, te verhoog. 

CJCP is ‘n vereniging ingelyf onder Afdeling 21 - Reg No: 2005/012780/08

Picture
Picture
© 2005 - 2017 | CJCP | Centre for Justice & Crime Prevention | Cape Town South Africa | www.cjcp.org.za